Modulekode | FIL 355 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | Algemene inleiding tot die etiek. Die belangrikste etiese teorieë. Toegepaste etiek (vraagstukke in, bv beroepsetiek, mediese etiek, omgewingsetiek, openbare dienslewering, ens). Hierdie module bied ’n kritiese inleiding tot daardie normatiewe, morele en politieke filosofiese teorieë wat die invloedrykste is in die sosiale en toegepaste wetenskappe. Dit handel oor die formulering van reëls, norme, beginsels en ideale wat sulke diverse morele en politieke fenomene soos vryheid, gelykheid, geregtigheid, regte, herdistrubisie, erkenning, die individu vs die gemeenskap, onderdrukking, mag, legitimiteit, pluralisme en verskil, reguleer. Al hierdie fenomene is deel van huidige sosiale debatte in Suid-Afrika. Voorbeelde van teorieë en teoretici wat behandel kan word sluit in utilitarisme (Bentham), distributiewe geregtigheid (Rawls), kommunitarisme (Sandel), diskoers-etiek en distributiewe demokrasie (Habermas), die politiek van verskil (Young) en multikulturalisme. Die module bied ’n kritiese oorsig van die hooftemas van hierdie teorieë aan asook bespreking van die maniere waarop hulle gebruik word in die sosiale en toegepaste wetenskappe. |
Modulekrediete | 15.00 |
Programme |
|
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 2 lesings per week |
Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
Akademiese organisasie | Filosofie |
Aanbiedingstydperk | Kwartaal 3 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App